Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Tuesday, 10 March 2009
Wereld boekdag - 5 Maart
Dit was Wereld boekdag die 5de Maart. Die dagsorg het dit toe goed gedink om van die dag 'n spesiale dag vir die kinders te maak en het gevra elke kind moet soos sy gunsteling karakter van sy gusteling boek aantrek. Nou ja so het ons begin dink watter boek Ruben se gusteling is. Hy hou van "The big yellow digger", weet nie hoe ek dit sou regkry nie, dan was daar "Cars", Lightning Mcqeen??, of wat van "Die bliksoldaatjie", en moet ook nou nie van "Dawid en Goliat" vergeet nie. Kon natuurlik "Spiderman" of "Superman" wat in die comic boeke is gebruik. Het nie veel kreatiewe denke gehad nie, maar toe ons twee toe in die speelgoedwinkel is om te kyk wat se soort dress ups hulle het, kry Ruben toe die "Armour Suit", en daarvandaan is dit toe net Goliat wat hy wil wees. Was nou nie heeltemal soos Goliat nie, maar die idee was daar, het maar niks wapens gegee nie, net om maar veilig te wees.

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment