Sunday, 27 April 2014

Gideon en Hettie word grootjies.

 
Wat 'n heuglike twee dae was dit seker nie vir julle nie.  Om twee agterkleinkinders in twee dae ryker te word, wil gedoen wees. 
Baie geluk, met albei hierdie kleingoed.  Mag hulle net vreugde in julle lewens bring.
 
Gideon en Hettie
 

 
Koos en Marinda Strydom wat Oupa en Ouma geword het met hul kleindogter.
 
Baie geluk ook aan julle. Moenie te veel bederf nie, hoor.


 
 
Baie geluk aan die ouers, Gillaume en Alberti Strydom. Mag sy net vreugde bring. Geniet haar.
 
 

 
 
Die tweede dag het Johan Oupa geword van 'n kleinseun.  Baie geluk, Johan. 
Is seker dat hy baie vreugde gaan bring.
 
 
 
 
En Elsebie het Ouma geword.  Baie geluk, Elsebie.  Mag hy net vreugde bring.
 
 

 
Die trotse Mamma en Pappa, Marechele en Coetzer Hattingh.  Baie geluk, julle. Weet dat hy baie vreugde gaan bring.  Geniet hom.





En voor ons ons oë uitvee, is hulle groot en hardloop hulle rond.  Die tyd gaan so vining verby. 
 


Saturday, 26 April 2014

Die sleepout - Diela se kamer

 
Deel van die conversion was nog om die sleepout te skuif, sodat hy gelink kan word met die huis vir 'n slaapkamer vir Odélia.
Hier het die groot dag aangebreek.
Die sleepout is aan die regterkant en die huis aan die linkerkant.
 
 


Die kruin waarmee die sleepout geskuif is.
 



 
 
Hulle het kabels om die vloer gesit en met die kruin opgelig.  Die sleepout negentig grade gedraai om die deure oor mekaar te hê.
 





Klaar gedraai en nou moet die geboue net opgeline word.
 
 
 

 
 
'n Foto uit die huis in die sleepout in.
 



 
Pieter het die gedeelte tussen die huis en die sleepout baie mooi met hout toegemaak en geseël.  Diela het nou 'n pragtige kamer.
 
 
Een van die dae word daar met die vergroting van die huis begin.  Drie garages, twee slaapkamers en 'n badkamer en laundry word aangebou.
 
Sal julle op hoogte hou van hoe hierdie aanbouings vorder.  Ons wag net vir toestemming van die Taupo Stadsraad voordat ons daarmee kan begin.
 


Friday, 25 April 2014

Easter egg hunt

Goeie Vrydag het die paashaas by die vier girls kom kuier.
Kyk net hoe groot is die kleinding al.  Doen die hunting op haar eie, met so af en toe hulp van Joanné.
 
 


 
 
Joanné het nie gehou van iets wat op haar skouer kom sit het nie.  Was dit dalk 'n by of 'n perde by.
Want Jacoli het 'n bysteek op die vinger gekry.
 
 
 

 
Annika en haar emmertjie eiers.
 
 
 
 
Odélia en haar emmertjie eiers.
 
 

 
Elke jaar groot opgewondenheid oor die paaseier jag.
 




Thursday, 24 April 2014

Chanel ballet

 
Chanel het so ongeveer twee maande terug begin ballet. Ek het haar vir drie weke nie sien ballet nie, want ons was in Suid-Afrika.  Groot was my verbasing om te sien hoe sy gevorder het in die drie weke.
 
Aan die begin was sy baie skaam.  Een keer moes Sebil saam dans.
 
 
 
En een keer moes Daleen saam dans.
 
 
 
 
En nou doen ek dit alleen.  As daar vreemde mense is, is sy nog skaam, maar soveel selfvertroue en gaan so goed aan.
 
 
 
 
Saam met 'n paar maatjies in die klas.
 
 

 
 
Nog 'n paar moves.







 
Twee weke terug, was Pieter ook in Tokoroa en het hy kom kyk hoe dans sy.
Ek het na die tyd in die kar vir haar gesê : Sjoe maar jy dans mooi.  Ouma is so trots op jou.
Toe antwoord sy: En Oupa ook.

Wednesday, 23 April 2014

Pieter bak brood

 
Saterdag is Pieter en ek Tokoroa toe om brood deeg te koop, want hy wou 'n potbrood bak.
Die broodjie was toe so 'n sukses, dat hy Sondag weer gebak het vir die kerk se ete.
Mooi so, Oupa Pieter.  Baie trots op jou.
Ek het darem ook gebak.  'n Feta kaas broodjie en twee knoffelbroodjies.
 
 
 
 
 
Die broodjie nog in die pot.
 




 
 
Lyk darem maar lekker.  Word sommer honger.

Tuesday, 22 April 2014

Sebil is 30

 
Baie geluk met jou 30ste verjaarsdag, Sebil.  Geniet 'n baie lekker dag.  Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.  Sien uit na jou partytjie Saterdagaand.  Lief jou baie.  Van ons almal.
 
 
 


 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Kobus.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met net die mooi van die lewe.  Geniet die dag.
 
 


Monday, 21 April 2014

Joanné se 7de verjaarsdag partytjie

 
Die verjaarsdag meisie.  En in die agtergrond die koek.
Dit was 'n Hansie en Grietjie verjaarsdag partytjie.  Alles het rondom die verhaaltjie afgespeel.
 
 

 
Elke maatjie het 'n gemmerbrood huisie gekry om te versier met lekkers.



 
Die huisie van naby.




Joanné besig om haar huisie te versier.
 




Hulle het begin deur te luister na die verhaal van Hansie en Grietjie.
 
 
 

 Oupa en Ouma se geskenk.


 
 
 
Lekker in Afrikaans en Engels geluk gesing en toe is die kersies doodgeblaas. 
 
 
 
 
 
Baie dankie Japie, Yolandi en Joanné ons het die partytjie baie geniet.