Louis is vandag 72. Baie geluk Louis. Hoop jy word lekker bederf vandag. Mag die nuwe lewensjaar net die mooiste vir jou en jou familie inhou. Geniet die dag.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Saturday, 25 August 2012
Friday, 24 August 2012
'n Paar fotos van Chanel se 2de verjaarsdag November 2011
Ek weet dit is al amper weer tyd vir haar verjaarsdag (November) maar ek sit 'n paar foto's op.
Dit was 'n "BEE" partytjie.
'n Beehive koek.
Saam met Sebil en gedress in haar bytjie dressup.
Thursday, 23 August 2012
2 Verjaarsdae.
Braam Nel verjaar vandag. Baie geluk, Braam. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens.
Saam met Braam, verjaar Corné Nel ook vandag. Baie geluk, Corné. Mag die toekoms vir jou ook net alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.
'n Paar verjaarsdae
Baie geluk Annemarie Toerien wat op 21 Augustis verjaar het. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.
Op hierdie dag het Annemarie en Johan ook hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms besaai wees met rose.
Dit was ook Corné en Marietjie Nel se huweliksherdenking. Ook vir julle word net die beste toegewens.
Doreen van der Merwe en Anieke Nel het op 22 Augustus verjaar. Baie geluk. Vir julle wens ons ook net die mooiste toe.
Op hierdie dag het Annemarie en Johan ook hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms besaai wees met rose.
Dit was ook Corné en Marietjie Nel se huweliksherdenking. Ook vir julle word net die beste toegewens.
Doreen van der Merwe en Anieke Nel het op 22 Augustus verjaar. Baie geluk. Vir julle wens ons ook net die mooiste toe.
Wednesday, 22 August 2012
Nuus oor die nuweling wat oppad is
Ja, julle sien reg. Dit is pienk. Pragtig, nê. Die scan is vandag gedoen en die versies vier alweer hooggety hier. Baie geluk, Japie, Yolandi en ons ander drie meisiekinders. Hoop die swangerskap loop verder goed af en dat dit 'n pragtige gesonde klein mensie gaan wees. Dink net ons gaan dalk nou 'n probleem hê met 'n naam, of hoe? Lief vir julle.
Thursday, 16 August 2012
Hekkie en Daleen se troudag
Baie geluk met julle huweliksherdenking, Hekkie en Daleen. 'n Toekoms besaai met rose (sonder dorings) word julle toegewens. Glo julle gaan die dag baie geniet. Lief julle baie.
Subscribe to:
Posts (Atom)




