Tuesday, 18 January 2011

Baie geluk

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Japie en Yolandi. Kan nie glo dit is al 8 jaar nie. Mag die jaar wat voorlê net voorspoed, vreugde, geluk, liefde en vrede inhou. Ek weet hy skop nie lekker af nie, maar ons GLO dat julle vanoggend goeie nuus gaan ontvang. Geniet 'n baie spesiale dag. Ons is lief vir julle. Sterkte en weet dat julle pal in ons gebede is.





Happy birthday, Japes. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met voorspoed, liefde, geluk en vreugde. Geniet 'n baie besonderse dag.





Baie geluk met jou verjaarsdag, Thian. 'n Jaar gevul met alles wat goed en mooi is word jou toegewens. Geniet die dag.

Monday, 17 January 2011

Ou potlood met 'n nuwe punt???????????????

So 'n tydjie terug het iemand "ou potlood met 'n nuwe punt" 'n draai op ons blog gemaak. Ek is baie nuuskierig om te weet wat se skindernuus hierdie persoon vorendag mee kan kom. So, ou potlood met 'n nuwe punt, ek daag jou uit om te skryf, anders sal ek maar my password moet verander, sodat jy nie kan skryf nie. Chicken jy uit??????????????

Nuus oor Diela

Vanoggend het Japie laat weet dat dr. Nicol Diela eers môre sal sien. Hy sal dan eers in die hospitaal wees. Hulle sou vandag 'n beenscan doen en nog bloed toetse. Die dokter wat haar vanoggend gesien het, het besluit om die "backslap" van haar arm af te haal, sodat sy hom kan gebruik. Hy is bang die arm word styf. Fisioterapeut sou haar ook vandag begin besoek het. Het probeer om nou met hulle te praat voordat ek berig, maar kon nie by een van Japie of Yolandi uitkom nie.
Sal môre weer laat weet nadat dr. Nicol haar gesien het.
Bid nog asseblief gereeld vir haar.

Gelukwensing

Baie geluk met jou verjaarsdag, Joriana. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met net die mooi van die lewe. Geniet die dag.


Saturday, 15 January 2011

Diela

Nuus oor Diela is vandag:
Die dokters het haar nie gister gesien nie. Sy is vanoggend deur die dokter aan diens gesien. Hulle monitor haar nou vir die naweek en gaan voort met die antibiotika wat sy reeds gekry het. Maandag sal die ortopeut haar sien en van daar af sal hulle besluit wat hulle gaan doen.
Dankie vir julle gebede en belangstelling.
Bid nog asseblief vir haar vir volkome herstel.

5 Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Daleen. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met alles wat mooi is. Mag jy ook nog lank vir ons almal gespaar bly. Geniet die laaste jaar in die twintigs, want volgende jaar is die die "dirty thirties". Geniet jou dag. Lief vir jou.



Oupa Burt verjaar ook vandag. Baie geluk, Burt. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met goeie gesondheid. Geniet die dag.



Darius en Jaco van der Merwe verjaar ook vandag. Baie geluk, julle. Ook vir julle wens ons net die mooiste toe vir die jaar wat voorlê.
Althea verjaar ook vandag. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die grootskool.

Friday, 14 January 2011

Ons ou Diela


Die dokters in Rotorua het gister 'n MRI Scan gedoen. Vanoggend eers met die uitslag gekom. Dit was nie goeie nuus nie. Sy kla al 'n hele paar dae oor die gewrig, maar die dokters wil nie luister nie. Sy weet al van die verskil van 'n oppervlakkige pyn op die vel en dan die dieper pyn wat in die been is. Diela is nou oorgeplaas na Starhip Hospitaal in Auckland, waar sy die vorige keer behandel is. Die osteomilitis het versprei na die gewrig. Ons glo en vertrou dat hulle die regte medikasie gaan vind en dat sy dan spoedig en volkome sal herstel.
Baie dankie vir al jule gebede. Bid asseblief nogsteeds vir haar en vir ons almal. Ons harte is seer, maar ons geloof is sterk.