Saturday, 31 July 2010

Hannah verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Hannah. Mag die jaar wat voorlê besaai wees met rose en gevul wees met liefde, geluk, vreugde en voorspoed. Geniet die dag.




Friday, 30 July 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Nico. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.




Baie geluk ook aan Phillip Landman en Francois van der Merwe met jul verjaarsdae. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag.

Thursday, 29 July 2010

Daan verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Daan. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde word jou toegewens. Geniet 'n baie spesiale dag.



27 Julie 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Sam. Hoop jy en Ralie het die dag baie geniet. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi en goed is.

Friday, 23 July 2010

Japie verjaar

Baie geluk met jou 34ste verjaarsdag, Japie. Mag die jare wat voorlê vir jou alles wat mooi is inhou. Mag die Here jou nog lank spaar vir jou huisgesin en ons almal wat vir jou lief is. Geniet die dag. Ek weet jy word lekker bederf. Lief vir jou.


Thursday, 22 July 2010

21 Julie 2010


Baie geluk Conrad en Jolene met jul 9de huweliksherdenking. Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou. Hoop julle het die dag geniet.

Tuesday, 20 July 2010

Veels geluk

Veels geluk met jou verjaarsdag, Poppie. Mag die toekoms alles wat mooi is vir jou inhou. Ons bede is dat jy ook nog lank vir jou gesin en almal wat vir jou lief is gespaar sal bly. Geniet die dag en ek hoop daar is baie bederf op hierdie dag. Liefde.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Jolandi. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag en ek hoop ook dat jy baie bederf gaan word. Liefde.