
Baie geluk, Barend. Geniet die dag en ons bede vir jou nuwe lewensjaar is geluk, vreugde, vrede en voorspoed. Hoop Tieks bederf jou baie.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.

Drie egpare vier ook hul huweliksherdenking vandag. Louis en Elize Nortje, Andries en Chrissie Labuschagne en Jaco en Rensche Nortje. Baie geluk aan julle almal. Ons bede is dat die nuwe huweliksjaar vol sonskyn en rose sal wees. Hoop julle het mekaar bederf en die dag geniet.
