Gelukkig was die rekenaar nie te lank buite werking gewees nie. Ek het hom vandag weer terug gekry. Nou kan ons weer gesels.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Friday, 30 April 2010
Verjaarsdagwense
Francois Pretorius en Zelé Angelides verjaar vandag. Baie geluk aan jul albei. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jul toegewens. Geniet die dag.
Thursday, 29 April 2010
Tuesday, 27 April 2010
Joanné
Yolandi het vanoggend vir my gesê dat Joanné al baie mooi alleen loop. As sy toilet toe wil gaan, moet sy nog gehelp word. Die spraak is ook nog stadig. Die dokter het gesê hy sal Vrydag weer met hulle gesels en hoor hoe die week afgeloop het.
Dra haar asseblief nogsteeds in julle gebede op.
My epos is 'n bietjie siek. Ek kan gladnie eposse ontvang nie. Wil nie oopmaak nie - sê daar is nie genoeg memory nie. So my rekenaar gaan môre bietjie werkswinkel toe. Sebil sal weer oorneem totdat ek weer met julle kan gesels. Geniet die dag.
Verjaarsdae
Kobus du Toit en Annatjie Verster verjaar vandag. Baie geluk aan beide van julle. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.
Monday, 26 April 2010
My Verjaarsdag
Saturday, 24 April 2010
Joanné
Die uitslag van die toetse dui alles daarop dat die oorsaak van die probleme wat Joanné tans ondervind, van die waterpokkie virus af kom. Die dokter het vanoggend laat weet. Hy sê baie geduld en dat dit 7 tot 14 dae sal neem om op te klaar.
Baie dankie vir al jul gebede, maar moet haar (ons almal) asb. nog nie uitsluit nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)