Thursday, 28 January 2010

Groot verrassing

So twee en 'n half weke terug, 12 Januarie, kry Pieter 'n oproep. Met die dat hy nie by die huis was nie, het ek geantwoord. Groot was my verbasing om te hoor dat dit nie Sam Richards was nie, maar sy broer Pieter. Sam is ook op 'n melkplaas in die Suideiland. Pieter en Sharon het in New Zealand kom kuier. Hul kinders is ook albei in New Zealand.
Toe Pieter by die huis kom, het hy dadelik teruggebel. Ons het die aand deurgery Rotorua toe om Pieter, Sharon en Siobhan (Chevon) te ontmoet. Ons het saam by Valentines gaan eet.
Seker nie nodig om te sê dat ons lekker saam gekuier het nie. Die twee neefs het mekaar ongeveer 30 jaar laas gesien. Ons het na 12 eers by die huis gekom en Pieter moes die volgende oggend gemelk het. Maar die kuier was definitief die moeite en min slaap werd.
Baie dankie, Pieter dat jy gebel het. Ons waardeer dit baie.
Op die foto: Annatjie en Pieter Nortje, Pieter, Sharon en Siobhan Richards.



Tannie Mina Verjaar

Tannie Mina Swanepoel verjaar vandag. Baie geluk met Tannie se verjaarsdag. Gods rykste seën word u toegebid op die pad vorentoe. Geniet 'n baie besondere dag.

Tuesday, 26 January 2010

27 Januarie Maureen verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Maureen. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi en goed is. Hoop Andries en die kinders bederf jou baie. Geniet 'n besondere dag.

Dit is Zandré se verjaarsdag

Kan nie glo dat jy al 8 jaar oud is vandag nie, Zandré. Baie geluk. Mag al jou kinderdrome waar word. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.
Ons hoop jy word sommer baie bederf.



Monday, 25 January 2010

Verjaarsdae

Oupa Bes verjaar vandag. Baie geluk, Bes. Mag die jare wat voorlê baie gelukkige jare wees. Gods rykste seën word jou toegebid. Ons hoop Jo-anne bederf jou sommer baie vandag. Liefde van ons almal hier in New Zealand.


Baie geluk ook aan Piet Bredenhann wat vandag verjaar. Vir jou wens ons ook alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Geniet die dag.


24 Januarie

Baie geluk Johan en Thea Mulder met jul huweliksherdenking. Baie mooi jare word julle toegewens op die pad vorentoe. Hoop julle het die dag geniet.
Baie geluk ook aan Brenda Steenkamp Nortje wat haar geboortedag herdenk. Hoop dat die pad vorentoe besaai sal wees met alles wat mooi is. Ons hoop dat jy baie bederf is.

Saturday, 23 January 2010

Johan Marais verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag. Mag die jaar wat voorlê net voorspoed bring. Baie melk, gesonde koeie en baie kalfies. Geniet die dag.