Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Saturday, 9 January 2010
Nico kuier
Chanel se eerste inspuitings
Baie verjaarsdae
5 Verjaarsdae vandag!!!!!
Baie geluk met jou 6de verjaarsdag vandag, Chanté. 'n Baie mooi jaar word jou toegewens met pragtige vordering op skool. Hoop jy geniet jou verjaarsdag in Suid-Afrika baie.
Johan Bosman verjaar ook vandag. Baie geluk, Johan. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.
Baie geluk ook aan Leana van Wyk en Willie van Niekerk wat ook vandag hul geboortedag herdenk. Mag die nuwe lewensjaar ook vir julle alles wat mooi is inhou - vreugde, vrede, voorspoed en geluk. Geniet die dag.
Friday, 8 January 2010
Hello almal
Ek het darem 'n kansie gekry om gou 'n paar foto's op te sit. Dit gaan goed hier. Skoonpa het maar op en af dae. Hy het Dinsdag huis toe gekom. Is nog swak, Johan moet hom help om op te staan. Ek glo elke dag sal nou beter gaan.
Baie dankie vir almal wat ons gedink het. Ons waardeer dit baie.
Ons het gister gou vir ouma Hettie en ouma Issie op die plot gaan hello se. Hulle lyk baie goed. Ons het lekker saam met oom Frans en tannie Rens ook gekuier. Ouma Hettie en ouma Issie stuur baie liefde en groete vir julle daar in New Zealand.
Thursday, 7 January 2010
Ruben en Oupa
Ruben en Oupa het met die klein helikoptertjie gevlieg. Hoog, hoog op in die lug en oor die huis se dak. Een keer het die helikoptertjie op die dak geland. Oupa kon hom nie gaan afhaal nie - die leer was te kort. Ruben, glad nie bang nie, is op die dak getel en het die koptertjie gaan afhaal. Wat die twee nie nog sal aanvang nie!!!!!
Verjaardagwense
Megan Agenbach het 4 Januarie verjaar. Baie geluk, Megan. Hoop jy het die dag baie geniet en is baie bederf.
Carl Meyer het 5 Januarie verjaar. Baie geluk, Carl. 'n Mooi jaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag baie geniet.
Carina Meyer verjaar vandag. Baie geluk, Carina. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, vol vreugde, voorspoed en geluk. Geniet die dag.
Vandag is ook die verjaarsdag van Tinus Buitendag. Baie geluk, Tinus. Mag die nuwe lewensjaar geluk en vreugde inhou. Geniet die dag.
Sunday, 3 January 2010
Verjaardagwense
Dit is maar sleg as 'n mens so vroeg in die nuwe jaar al laat is met verjaarsdagwense.
Gister was die verjaarsdag van Thinus Jacobs. Baie geluk, Tinus. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy is gister baie bederf en dat jy die dag baie geniet het.
Marijke Nel het ook gister verjaar. Baie geluk, Ounooi. Mag die nuwe lewensjaar vir jou ook alles wat mooi is inhou. Hoop Pappa en Mamma het jou baie bederf.















