Wednesday, 29 July 2009

Dit is Hannah se verjaarsdag.

31 Julie 2009
Lekker verjaar, Hannah, lekker verjaar. Jy moet lekker verjaar, Hannah, lekker verjaar. Baie geluk. 'n Baie mooi en vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.






Lekker verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag op 30 Julie, Nico. Ons bede is dat dit vir jou 'n baie mooi nuwe lewensjaar sal wees, gevul met alles wat mooi is - goeie gesondheid, liefde, geluk en voorspoed. Geniet 'n baie spesiale dag.









Baie geluk ook aan Francois van der Merwe en Phillip Landman wat ook 30 Julie verjaar. Mag dit ook vir julle albei 'n baie mooi jaar wees. Geniet die dag terdeë saam met jul huisgesinne.

Daan verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Daan. Mag dit 'n wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Mag jou pad besaai wees met vreugde, voorspoed, geluk en sukses. Geniet 'n baie spesiale dag.




Saturday, 25 July 2009

Chantelle verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Chantelle. Mag dit 'n baie wonderlike nuwe lewensjaar vir jou wees. Geniet die dag.

Friday, 24 July 2009

Leon en Theresa

Uit Suid Afrika het ons nuus ontvang dat Leon en Theresa verloof is en beplan om einde September te trou. Baie geluk, julle twee. Ons wense is dat julle pad vorentoe besaai sal wees met alles wat mooi is.




Thursday, 23 July 2009

Japie verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Japie. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens. Vreugde, voorspoed, geluk en liefde vir die toekoms is ons wense vir jou. Mag jou pad ook besaai wees met sukses. Ons hoop jy word vandag baie bederf deur die 4 vrouens in jou lewe. Geniet 'n baie spesiale dag. Ons is almal baie lief vir jou.





Tuesday, 21 July 2009

Huweliksherdenkings

Conrad en Jolene Jordaan vier vandag hul 8ste huweliksherdenking. Baie geluk julle twee. Geniet die dag en bederf mekaar sommer baie. Mag die nuwe huweliksjaar vir julle alles wat mooi is inhou.