Monday, 13 April 2009

Oupa Danie verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Danie. Mag die nuwe lewensjaar vol goeie gesondheid, geluk en liefde wees. Geniet die kinders se kuier in Meimaand. Liefde van ons almal.



Sunday, 12 April 2009

Dit is ook Celine se verjaarsdag

Vandag verjaar een van ons "aangenome" kleinkinders daar ver in Al Ain in die United Arab Emirates. Baie geluk, Celine. Ons het so gehoop om julle te kon sien in Suid Afrika en kan nie glo dat ons julle met 'n uur gemis het nie. Ons hoop om volgende keer darem mekaar te sien. Geniet 'n baie spesiale dag en ek hoop al jou drome word waar. Liefde van ons almal.


Tannie Clara Sam verjaar


Baie geluk met tannie Clara se verjaarsdag vandag. Mag die nuwe lewensjaar vol beter gesondheid, vreugde, vrede en geluk wees. Geniet 'n baie besonderse dag.

Saturday, 11 April 2009

Nog verjaarsdae

Veels geluk met jou verjaarsdag, Estie. Mag die jaar wat voorlê net mooi en vol vreugde wees. Geniet 'n baie spesiale dag.




Ook 'n hartlike verjaarsdag wens aan Neil du Preez wat vandag verjaar. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.


Friday, 10 April 2009

Joanné is 2!!!!!!!!!

Baie geluk met jou tweede verjaarsdag vandag, Joanné. Jy het die laaste paar maande so groot geword en praat nou so pragtig. Die kuier in Suid Afrika het jou Afrikaans ook 'n hupstootjie gegee. Geniet jou verjaarsdag, mag al jou droompies waar word en geniet ook jou "Baba-partytjie" Saterdag. Ons is almal baie lief vir jou.


Thursday, 9 April 2009

Louis is vandag 6 jaar oud

Veels geluk liewe Louis, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Hoop jy geniet die skoolgaan baie en dat vandag vir jou 'n baie spesiale dag gaan wees.



My arm

Ons het vroeër berig oor die operasie wat aan my regterarm gedoen is. Dit was gister 5 weke terug wat ek ge-opereer is. Die arm is nog steeds in die sling (moet vir 6 weke in wees). Dit gaan maar moeilik met skoonmaak, ens. maar ek kom reg. Aangesien dit langnaweek is hierdie naweek, het ek besluit om die arm 'n paar dae vroeër uit te haal, sodat Pieter my die eerste paar dae met die fisio oefeninge kan help. Ek het al so 'n keer of wat probeer om net die draai-oefening te doen. Dit is maar baie ongemaklik - kan nie sê seer nie, maar dit sal maar 'n tydjie vat voordat ek die arm se gebruik tenvolle weer terug sal hê. Af en toe kan ek ook voel dat die spiere effens spasma maak. Vir my is dit die teken dat hulle nou oefening moet kry. Die groot trek lê ook voor Meimaand. Die dokter het gesê dat indien die skouer gevries is na 8 weke van oefening ek voor 4 maande weer moet kom sodat hy die 2de spier wat hy sommer aan die been vasgeheg het, weer kan losmaak en regmaak. Ek glo en vertrou dat dit nie nodig sal wees nie en dat die arm teen daardie tyd reg sal wees. Bid saam met my vir volle genesing van my arm, asseblief.