Wednesday, 22 October 2008

Odélia

Japie en Yolandi was die afgelope 3 dae in Auckland met Odélia. Sy het die nodige toetse gedoen om vas te stel of die operasie op die niertjies suksesvol was. Hulle het gou kom inloer hulle bakkie te kom haal wat oupa Bes hier gelos het. Volgens wat Yolandi vertel het, het alles goed afgeloop en klink dit vir my asof alles reg is. Ons dank ons Hemelse Vader daarvoor. Yolandi het belowe om vir ons fotos van hulle besoek aan Auckland te blog. Hulle was redelik moeg gewees, so ek dink sy sal seker môre die fotos blog. Sien uit daarna.

Uitstappie in Rotorua #1

Ek en Johan was Sondag en Maandag af gewees. Ons het toe Saterdagaand deur gegaan na Dillon road toe en saam met die familie by Japie hulle gekuier. Sondagoggend het ek, Johan, Daleen en Ruben 'n bietjie Rotorua toe gegaan.
Ons het toe by McDonald's gaan middagete eet.
Ruben het lekker in die kar oppad Rotorua toe geslaap en het toe baie lekker by McDonald's gespeel.







Gelukwensing

Webfetti.com






Geluk met jou verjaarsdag, Kobus. 'n Voorspoedige nuwe lewensjaar word jou toegebid, vol vreugde, vrede, geluk en liefde. Geniet 'n wonderlike dag.





Oom Nic Bredenhann verjaar ook vandag. Baie geluk, oom Karools. Mag die jaar wat voorlê baie voorspoedig wees, met goeie gesondheid. Gods rykste seën word Oom toegebid.


Op die foto is oom Karools saam met Pieter. Hierdie foto is geneem toe ons Januarie 2006 vir die laaste keer in St. Lucia gaan kuier het, voordat ons na New Zealand geimmigreer het.

Tuesday, 21 October 2008

Rina Strydom verjaar vandag

Rina Strydom van Carletonville verjaar vandag. Baie geluk, Rina. Gods rykste seën vir 'n baie mooi en vreugde volle jaar word jou toegebid. Geniet die dag.

Baie geluk Marinda

Webfetti.com





Baie geluk Marinda, met jou 36ste verjaarsdag. Mag die jaar wat kom vol vreugde en voorspoed vir jou en jou familie wees. Hoop jy gaan die dag baie geniet.




Totsiens Bes en Jo-anne

Oupa Bes en ouma Jo is oppad terug Suid Afrika toe. Ons was Saterdagaand by Japie en Yolandi bymekaar om vir hulle totsiens te sê.
Die manne het buite vleis gebraai. Hierdie foto is laat geneem toe dit al donker was buite.
Op die foto is Edmond - links en oupa Bes - regs. Agter is Japie en Pieter besig om nog kole nader te bring.



Die vrouens het weer binne lekker gekuier. Dit was maar effens koud buite. Weer een van daardie dae wat ons 4 seisoene in een dag gehad het. Soos julle kan sien, word dit nou baie laat donker hier. Dit is lig buite en die foto is omtrent kwart voor agt in die aand geneem.
Op die foto is Mia-lee, Edmond, hulle ma Carol en Daleen.

Sebil met Joanné, Odélia en Yolandi.


Ruben en sy maatjie, Megan. Hy kies haar altyd uit om by te sit of om saam met hom te speel. Ek moet bysê: Sy is ook 'n regte ou moederhen. Speel altyd met die kleintjies en hou 'n oog oor hulle.



Annika het ook gou kom staan vir 'n foto.



Odélia en Edmond besig om blokkies te bou.



Joanné saam met ouma Jo.



Mia-lee in haar feetjie rok.




Bes en Jo-anne vlieg 21ste terug Suid Afrika toe. Hy het 'n pos in Durban gekry en hulle gaan hulle daar vestig. Ek en Pieter het hulle 20ste die middag lughawe toe geneem. Hulle het van Taupo af na Auckland gevlieg, waarvandaan hulle dan die 21ste Suid Afrika toe vlieg.

'n Paar fotos op Taupo Lughawe.

Bes en Jo-anne.


Hier klim hulle in die vliegtuig. Op die binnelandse vlugte vlieg jy in 'n 20 sitplek vliegtuig.


Die vliegtuig styg op.


En soos Ruben sal sê: Daar gaan hy!!!!!



Totsiens Bes en Jo-anne. Voorspoedige reis terug Suid Afrika toe. En voorspoed op julle lewenspad in Suid Afrika. Gods rykste seën word julle toegebid.

Gras word gesaai

Verlede week het hulle begin om die gras rondom die huise te saai. Hulle het eers nog topsoil ingery, want dié wat daar was, was volgens die werkers te min.



Daarna is 'n bobcat afgelaai om die topsoil gelyk te maak. Dit het effens begin reën en die werker het besluit hy wil nie natreën nie. Hy het in die bakkie gaan wag totdat dit opgehou het met reën.




Toe ek die storie so kyk het ek gewonder of hulle die grond so gaan los, want hier word die meeste werk met masjienerie gedoen en nie veel met die hande nie.



Groot was my verligting toe daar twee werkers met harke en grawe opdaag om alles mooi gelyk te maak. Hulle het dan ook die gras gesaai.




Volgende word 'n sprayer gekoppel en instruksies gegee oor hoe ek die gras moet natmaak. Ons het ook 'n epos gekry oor hoe die gras nat gehou moet word. Elke 15minute moet die sprayer geskuif word en die hele stuk aarde moet 4 keer per dag nat gegooi word. Die warmste tye van die dag moet vermy word om nat te gooi.





Wel, ek het probeer, maar definitief omtrent elke halfuur verskuif en net mooi eenkeer die hele grasperk natgegooi vir die res van die dag.


Ek was baie bly toe dit begin reën. Maar nou weer 'n ander probleem. Kyk net die voëltjies wat die saad optel. Maklik 'n stuk of 15 op ongeveer twee en 'n half vierkante meter. Pieter sê dit is vinkies. Of dit nou reën of nie hulle is heeltyd aan die optel. Dar is seker ongeveer 150 tot 300 vinkies op die gras en hulle eet aanmekaar. Ek hoop daar gaan nog genoeg saad oorbly om te groei.




Die mense wat weet, sê hulle het juis twee keer soveel gesaai, omdat hulle weet dat die voëltjies die saad optel.
Hou maar saam met my duimvas.
Dit klink my so oor 'n maand of wat sal ons 'n baie mooi grasperk hê.