Wednesday, 13 August 2008

Verjaarsdae

Baie geluk aan Sue Wentzel wat vandag verjaar. Ons hoop dat die jaar vol vreugde, geluk en liefde vir jou sal wees. Hoop jy gaan jou dag baie geniet en dat almal jou lekker gaan bederf.



Tuesday, 12 August 2008

Nortje Pasiente

In 'n vorige berig het ek genoem dat Pieter afsiek geboek is. Wel, die ligamente in die linkerknie het nog nie herstel nie. Die dokters sê dat dit ses weke sal neem. Met ander woorde hy het hom nog 'n verdere week afgeboek. Natuurlik dood verveeld by die huis. Hy het gister alweer begin stofsuig en huis aan die kant maak, terwyl ek die kalfies melkgee.
Op die onderste twee fotos kan julle sien hoe sy regterknie lyk. Twee pitsere.(Volgens ons) Die dokters hier weet nie wat dit is nie. Behandeling word gegee en elke dag moet hy gaan sodat die pleisters en salf vervang kan word.


Dit lyk nogal seer, né?



Natuurlik het ek ook deurgeloop in die stal. Ons het soos ek reeds vertel het, verlede Woensdag in die nuwe stal begin melk. Dit gaan nou so goed, dat hulle net die drie manne in die stal is.
Moet julle vertel wat alles met my gebeur het. Die eerste middag het die koei my geskop. Soos op die foto gesien kan word, lyk dit nou al baie beter. Nogals seer gewees.
Die volgende oggend het ek onder die mis deurgeloop. Ek is gewaarsku met : Ma moet daai ass dophou. Maar nou ja, opkyk terwyl ek besig is om die koeie se cups op te sit, doen ek toe mos nou nie. So 'n lekker warm gevoel bo op my kop en loop dit so oor die linker oog af. Ek moes in yskoue water in die toilet my hare en gesig gaan was het.
Die volgende middag is ek op cups off. Eers maak 'n koei die krane oop en dit is net water oor die regterkant van my gesig. Weer moes ek gaan was. Nie baie later nie, mis een my regter arm toe en 'n rukkie later is dit die linkerarm se beurt. Wel, na Saterdagoggend was ek nog nie weer in die stal nie, so ek weet nie wat volgende gaan gebeur nie.
Gelukkig op daardie stadium was daar ook geen kameras in die stal nie, so ek het geen foto's om van die gebeure te plaas nie.

Veels geluk

Annerie Agenbach verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons hoop dat die jaar vol vreugde en geluk sal wees. Jy moet jou dag baie geniet.

Saturday, 9 August 2008

Baie geluk

Vandag is dit die verjaarsdag van Paul Smith. Baie geluk, Paul. Mag die jaar vol voorspoed vir jou wees. Hoop jy gaan die dag baie geniet.




Friday, 8 August 2008

Hoop jy verjaar lekker

Baie geluk aan Armand Strydom wat vandag verjaar. Hoop jy het 'n baie lekker dag en dat die jaar vir jou vol vreugde en voorspoed sal wees.
Ek kan nie glo jy is al 20 jaar oud. Dit voel soos nou die dag toe jy as baba by ons op die plaas kom kuier het.



Baie geluk, Armand. 'n Jaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Ons wag nog vir die kuier hier in New Zealand.

Oom Pieter en tannie Annatjie

Thursday, 7 August 2008

Veels geluk

Baie geluk aan Amanda Hofman wat vandag verjaar. Mag die jaar vol vreugde en geluk vir jou wees. Hoop jy gaan jou dag geniet.


Wednesday, 6 August 2008

Salon dag

Vandag het Yolandi en Daleen gekom vir wax. My ma het nie vandag saam gekom nie. Sy was nog besig met die kalfies en het die middag gehelp melk by die nuwe stal.


Diela en Annika het ook nie saam gekom nie, want hulle het nou hier in Tokoroa begin na die Kindy toe gaan. Hulle gaan Maandae en Woensdae. So nou mis ek hulle op die salon dae.


Nané en Ruben kom kuier darem nog saam by my. Hulle tweetjies het baie lekker gespeel. Nané het die heeltyd haar groen hare op haar kop gehad. Sy is baie erg vir die "groen boskaas".


Ruben is nou besig om te pottie train. Hy kom mooi reg. Daleen sê oppad na my toe, het hulle langs die pad gestop en hy het die grassies nat gepiepie.