Sunday, 13 April 2008

Danie du Plessis is 60

'n Baie spesiale gelukwensing aan Hekkie se pa, Danie, wat vandag 60 jaar oud is. Gods rykste seën word jou toegebid op jou lewenspad. Mag voorspoed, vreugde en vrede deel wees van die jare vorentoe. Geniet die dag.

DAYLIGHT SAVINGS EINDIG

Daylight savings het verlede week, 6 April geëindig. Ons tydsverskil met Suid Afrika is nou 10 ure. As dit in New Zealand 8 uur in die aand is dan is dit, 10 uur dieselfde oggend in Suid Afrika.

Saturday, 12 April 2008

Geluk met jou verjaarsdag Celine

Baie geluk jong. Hoop jy gaan 'n wonderlike daggie hê en dat jy nog steeds so 'n pragtige dogterjie sal bly. Baie liefde vir julle almal.



Friday, 11 April 2008

Vandag se verjaarsdae

Baie geluk aan Neil du Preez wat vandag verjaar. Hoop jy het 'n wonderlik dag en dat die jaar vol vreugde en geluk sal wees.
Estie Coetzee verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Estie. Hoop jy het 'n lekker daggie. Mag al jou droompies waar word.

Joanné

Hier is 'n paar foto's van Joanné se verjaarsdag.
Kyk hoe oulik het Yolandi die Ladybird cup cakes gemaak.



Diela en Annika wil net help om die persente oop te maak.



Ruben het gou vir Oupa gewys wat het hy vir Nané gekoop.


Hier kom jou kersie Nané. Een, twee, drie en blaas. Almal het vir Nané gehelp.

Hier is die 4 kleingoed.

Ruben was ook lus vir 'n ladybird.


Ai, ai Nanétjie. Sy het dit baie geniet.

Thursday, 10 April 2008

Lekker verjaar Joanné

Joanné is vandag 1 jaar oud.

Baie geluk Nanétjie, ons hoop dat Liewe Jesus jou styf in sy arms sal vas hou en jou 'n pragtige dogtertjie sal maak. Hoop daar gaan nog baie mooi en gelukkige jaartjies vir jou wees. Ons is almal baie lief vir jou.









Wednesday, 9 April 2008

Louis is vandag 5 jaar oud

Louis Bezuidenhout is vandag 'n volle 5 jaar oud. Baie geluk, Louis. Ons hoop al jou kinderdrome word waar. Mag die jaar vorentoe net vol vreugde en geluk wees. Geniet jou dag.