Wednesday, 23 April 2014

Pieter bak brood

 
Saterdag is Pieter en ek Tokoroa toe om brood deeg te koop, want hy wou 'n potbrood bak.
Die broodjie was toe so 'n sukses, dat hy Sondag weer gebak het vir die kerk se ete.
Mooi so, Oupa Pieter.  Baie trots op jou.
Ek het darem ook gebak.  'n Feta kaas broodjie en twee knoffelbroodjies.
 
 
 
 
 
Die broodjie nog in die pot.
 




 
 
Lyk darem maar lekker.  Word sommer honger.

Tuesday, 22 April 2014

Sebil is 30

 
Baie geluk met jou 30ste verjaarsdag, Sebil.  Geniet 'n baie lekker dag.  Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.  Sien uit na jou partytjie Saterdagaand.  Lief jou baie.  Van ons almal.
 
 
 


 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Kobus.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met net die mooi van die lewe.  Geniet die dag.
 
 


Monday, 21 April 2014

Joanné se 7de verjaarsdag partytjie

 
Die verjaarsdag meisie.  En in die agtergrond die koek.
Dit was 'n Hansie en Grietjie verjaarsdag partytjie.  Alles het rondom die verhaaltjie afgespeel.
 
 

 
Elke maatjie het 'n gemmerbrood huisie gekry om te versier met lekkers.



 
Die huisie van naby.




Joanné besig om haar huisie te versier.
 




Hulle het begin deur te luister na die verhaal van Hansie en Grietjie.
 
 
 

 Oupa en Ouma se geskenk.


 
 
 
Lekker in Afrikaans en Engels geluk gesing en toe is die kersies doodgeblaas. 
 
 
 
 
 
Baie dankie Japie, Yolandi en Joanné ons het die partytjie baie geniet.
 
 


Thursday, 10 April 2014

Joanné is 7

 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Nienie.  Geniet 'n baie besonderse dag.  Mag die jaar alles wat mooi is inhou.  Bly altyd so 'n oulike dogtertjie.  Lief vir jou.
 

Wednesday, 9 April 2014

Gooi kunsmis met vliegtuig

Hier moet jy maar die werk doen of laat doen wanneer die tyd dit toelaat. 
Die vliegtuig kon net Sondag die kunsmis kom gooi.  Ek en Joanné het gaan kyk hoe dit gedoen word.  Joanné het vir ons 'n paar foto's geneem.
 
 
Die vliegtuig en in die linkerkantste hoek is die windkous.
 
 
 
Die houer waarin die kunsmis is wat in die vliegtuig gegooi word.
 


 
Besig om die kunsmis in die vliegtuig te gooi. Dit neem letterlik 'n minuut of twee en dan is hy reg om weer te vlieg.




Hier het sy vir Oupa Pieter en die vlieënier afgeneem.  Hulle het gewag dat die vliegtuig vol kunsmis en brandstof gemaak word.
 
 


 
Dankie vir die foto's, Joanné.  Jy het jou goed van jou taak gekwyt.
 
 

Tuesday, 8 April 2014

Arataki Farms

 
Julle het al seker gewonder wat van die plaas geword het.  Wel, die shed is klaar en hulle het al 'n jaar terug begin melk.  Junie maand het die werker in die huis wat ons geskuif het, ingetrek.
Dit was 'n baie suksesvolle jaar vir ons gewees. 
Die afgelope paar maande beleef ons 'n erge droogte en baie warm weer hier.  Hierdie plaas lyk egter nog baie mooi.  Joanné het Sondag vanaf die airstrip 'n paar fotos geneem.
 
Die shed
  

 
Die koeie
 





Monday, 7 April 2014

Hopenlik nou terug.

 
Ek was vir baie lank weg.  Kan allerhande verskonings gebruik waarom ek nie op die blog was nie. Maar kom ons sê dit was sommer luiheid en dan natuurlik Facebook.  Dit is mos waar almal deesdae kuier en fotos posit.  So die blog ly daaronder.  Gaan regtig prober om nou weer daagliks of ten minste weekliks bietjie op die blog te kuier.
 
Annika het Vrydag haar bril gekry.  Dit is om in die klas mee te werk en 'n leesbril.
Sy lyk pragtig.  Die bril pas haar regtig.