Wednesday, 17 November 2010

Jacques verjaar

Baie geluk ook aan jou, Jacques. Ook vir jou is ons wense alles wat mooi en goed is vir die nuwe lewensjaar. Geniet elke oomblik van die dag. Liefde.



Nadia is 21

Baie geluk met jou mondigwording. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat mooi is. Hoop jy geniet die baie bederf wat jou ma vir jou beplan het. Mag die sleutel wat jy vandag ontvang baie deure vir jou oopsluit. Geniet 'n baie besonderse dag. Liefde.


Tuesday, 16 November 2010

Huweliksherdenkings en 'n verjaarsdag

Baie geluk met jul huweliksherdenking, Barend en Tieka. Mag die toekoms gevul wees met liefde, geluk en vreugde. Geniet die dag.



Baie geluk ook Hannes en Karmen met jul huweliksherdenking. Ook vir julle wens ons alles wat mooi is toe vir die toekoms. Geniet die dag.
Baie geluk Johan Toerien met jou verjaarsdag. Alles wat mooi en goed is word jou toegewens. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.

Monday, 15 November 2010

Joleen verjaar.

Hi Ounooi, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi in die lewe. Geniet 'n baie besondere dag. Liefde.



Sunday, 14 November 2010

Clara en Amanda verjaar

Veels geluk met jou verjaarsdag, Clara. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid, gevul met alles wat mooi en goed is. Geniet 'n baie besonderse dag saam met almal wat vir jou lief is. Lief vir jou.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Amanda. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet die dag. Liefde.




Wednesday, 10 November 2010

Baie geluk

Johan het gister sy residence gekry. Baie geluk, julle. Ons is nou weer 'n trappie nader aan waar ons wil wees. Lief vir julle.




Wednesday, 3 November 2010

Hetta verjaar vandag.
Veels geluk liewe niggie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Geniet 'n baie besondere dag en jaar. Hoop Pieter bederf jou baie.



30 Oktober 2010
Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Elize (Strydom). Alles wat mooi en goed is word jou toegewens vir die toekoms. Hoop jy is baie bederf.



31 Oktober 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Eugene. Mag die nuwe jaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop jy het die dag baie geniet.