Tuesday, 6 October 2009

Nico is 30

Baie geluk met jou 30ste verjaarsdag vandag, Nico. Ons bid jou Gods rykste seën op jou lewenspad toe. Hoop almal bederf jou vandag. Geniet 'n baie spesiale dag.




Monday, 5 October 2009

Hanu is 4 jaar oud.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hanu. Jy word nou 'n pragtig groot seuntjie. Hoop al jou kinderdroompies word waar. Geniet die dag en sê Pappa en Mamma moet jou baie bederf. Dit lyk vir ons of julle lekker partytjie gehou het Saterdag.



Sunday, 4 October 2009

Nog 'n huweliksherdenking en verjaarsdag




Nog 'n huweliksherdnking word vandag gevier.  Baie geluk, Burt en Carlien.  Ons wense vir julle vir die toekoms is alles wat mooi is - vreugde, vrede, geluk en goeie gesondheid.  Geniet 'n baie spesiale dag en bederf mekaar gerus.  Liefde.





Annatjie Fourie verjaar ook vandag. Baie geluk, Annatjie.  Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou.  Geniet die dag.

Verjaarsdag en huweliksherdenking



Vandag vier Jacolette nie net haar verjaarsdag nie, maar ook haar huweliksherdenking.  Baie geluk, Jacolette met jou verjaarsdag, mag dit 'n baie mooi nuwe lewensjaar wees.  Geluk ook aan jou en Riaan met jul huweliksherdenking.  Baie mooi en gelukkige jare word julle toegewens.  Bederf mekaar gerus vandag en geniet 'n baie spesiale dag saam.

Saturday, 3 October 2009

Simoné van Wyk verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Simoné.  Ons hoop dat Pappa en Mamma jou baie gaan bederf.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Geniet 'n baie spesiale dag.

Friday, 2 October 2009

Kuier in Rotorua 21 September

Na die Sondagaand se slaap in Rotorua, het ons die drie dogters, Yolandi, Daleen en Sebil en die twee kleingoed, Ruben en Joanné die oggend daar gekry vir shopping. Was 'n baie lekker oggend. Ruben en Oupa Pieter het gaan trekkers, sleepwaens en so meer kyk en ons meisiekinders het die winkels ingevaar. Odélia was in die skool en Annika was by die kleuterskool. Middagete was natuurlik by Mickey D, want daar kan die kinders lekker by die parkie speel. Hulle parkie is ook onderdak en al reën dit, kan die kleingoed nog lekker baljaar.

Almal aan die tafel besig om te eet. Ek is natuurlike die fotograaf. Het nog nooit regtig van foto's gehou nie.


Ruben



Joanné




Thursday, 1 October 2009

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Riaan en Sue vier vandag hul 15de huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Mag die lewenspad vorentoe besaai wees met alles wat mooi is. Gods rykste seën word julle toegebid.



Dit is vandag Koos van der Merwe se verjaarsdag. Baie geluk, Koos. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, met alles wat mooi is. Geniet die dag.






Johan Mulder, hier in New Zealand, verjaar ook vandag. Baie geluk, Johan. Mag die nuwe lewensjaar net vreugde, vrede en geluk inhou. Geniet 'n lekker dag en geniet die kuier vanaand.