Tuesday, 5 May 2009

Willem en Kevin verjaar

Vandag vier Willem Agenbacht en Kevin Jordaan hul verjaarsdae. Baie geluk, julle. Mag die jaar wat voorlê net mooi dinge inhou. Geniet 'n baie spesiale dag.

Monday, 4 May 2009

Drie verjaarsdae

Nas Hoffman verjaar vandag. Baie geluk, Nas. 'n Baie spesiale dag vir jou en 'n baie mooi en geseënde jaar vorentoe. Ek hoop Amanda gaan tyd kry om jou bietjie te bederf, so tussen al haar mansmense deur. Geniet die kleinding.



Ook Phillip Olivier verjaar vandag. Baie geluk, mag dit 'n baie mooi jaar wees. Geniet die dag.





Dit is ook Peet Collins se verjaarsdag. Geniet 'n baie spesiale dag en alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.

Sunday, 3 May 2009

Geluk Andries


Geniet 'n baie lekker verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê baie vreugde, voorspoed en geluk inhou.

Saturday, 2 May 2009

3rd Time Lucky

Almal sê altyd : 3rd time lucky. Wel, vir my was dit. Die vorige twee keer wat ons geknie het (Pieter knie, want ek kan nog nie met die regter arm nie), was dit regtig nie 'n sukses nie. Japie het eenkeer gevra : Wat wil Ma met die deurstoppers maak, verkoop? Die deeg het net nie goed genoeg gerys nie en wanneer dit plat geknie is, wou dit nie weer in die panne rys nie.
Vrydag was dit anders. Die suurdeeg het pragtig gerys en die deeg nadat dit geknie is, ook. Die brood in die panne was binne 3 ure pragtig gerys en kon ek bak.
Nie nodig om te sê dat toe Japie hier gekom het, was hy baie beëindruk. Dit lyk baie goed. Jy kan sommer teen die kant sien dit het goed gerys.
Die deeg.



Die deeg in die panne. Die klein pannetjies is natuurlik vir die kleingoed.







En uiteindelik die eindproduk.
Almal is gelukkig daarmee, maar dit is maar nog nie Ouma Hettie se brood nie. Pieter het al gesê hy wens hy kan Ouma hier kry net om vir ons te kom wys hoe om dit reg te doen. Met ons volgende besoek aan Suid Afrika, sal dit hoog op die prioriteite lys wees.



Veels geluk

Baie geluk met jou sewende verjaarsdag, Dylan. Geniet 'n baie lekker dag. Hoop almal bederf jou en dat al jou drome waar gaan word.


Danie Brits verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Strome van seën van Bo word jou toegebid. Geniet die dag.

Friday, 1 May 2009

Pieter se operasie

Pieter se knie is Dinsdag ge-opereer. Ons was vir twee dae in Auckland. Dit gaan goed. In 'n volgende berig sal ek die operasieplek en dit wat uitgehaal is vir julle wys.



Verjaarsdag en huweliksherdenking





'n Nuwe maand en wat 'n maand!! Met soveel verjaarsdae en huweliksherdenkings!!!


Die eerste Mei verjaar ds. Nick Alberts van Wonderfontein se Hervormde Gemeente. Baie geluk, Dominee. Mag dit 'n baie geseënde jaar wees. Geniet die dag.

Wimpie en Yolandi Theron vier vandag hul eerste huweliksherdenking. Baie geluk julle twee. Mag daar nog vele gelukkige jare vir julle voorlê. Bederf mekaar baie en geniet 'n baie besondere dag.