Sunday, 11 November 2007

Ruben


Ruben se sandput is ook reg en hy geniet dit baie. Eintlik geniet hy dit om die sand uit die sandput te gooi. Hy gaan sit nog nie binne in die put en speel nie.




Genoeg eers van die sandput. Ek het mos maatjies hier.
Net gou eers gaan kyk wat hulle doen. Ek hoop nie Mamma se blombakke is alweer onderste bo gegooi nie.

Aah, het julle gekry. Ja, Ruben het ook hanslammertjies gekry. As hy en Mamma by die huis is en die weer dit toelaat dat hy buite kan speel, word die lammetjies lekker rond gejaag.






3 Meisiekinders

Elke Dinsdag en Donderdag oggend is die playcentre toe vir die 3 meisiekinders. Dit is soos 'n tiepe kleuterskool, maar eintlik meer speelplek vir die kinders. Die ouers hou self toesig en kuier terwyl die kleingoed speel.
Daar is iets van alles. Verf, klei, dress ups, klim en klouter, poppe, potte en panne met 'n kombuis, vir die seuntjies is daar hammers en gereedskap om mee te speel.
Verder is daar groot speelgoed om op te ry, soos trekkers en fietsies en dan natuurlik is daar nog die sandput.
Odélia besig om met verf 'n prentjie te maak.


Annika besig met haar prentjie.
Joanné se eerste kennismaking met die sandput.


SO TWEE WEKE GELEDE WAS DIE TANDARTS OOK BY DIE PLAYCENTRE.


Odélia wat nou al gewoond is aan al die dokters, is eerste aan die beurt. Heel gemaklik lê sy dat daar na haar tande gekyk kan word.



Nou is dit Annika se beurt. Jy kan duidelik sien daardie ogie wat onder die bril uitloer, is baie benoud. Nog nie gewoond aan al hierdie dinge nie.




Elkeen het 'n groot donkerbril gekry om op te sit vir die skerp lig.
Wag eers, Annika, ons moet nou "pose" vir 'n foto.





Celandrie het 'n noodoperasie gehad.

Celandrie, hier op die foto met Crispin op haar skoot, het verlede week Donderdag 'n noodoperasie gehad om haar blindederm te verwyder. Ons is baie bly die operasie het goed afgeloop. Hoop en bid dat dit sommer al baie beter met jou gaan en dat jy al amper weer lekker kan rond hardloop. Wees maar versigtig en pas jouself mooi op. Liefde van ons almal hier in New Zealand.
Celandrie, Chrispin en Celine


Spring Dans

Saterdag - aand was ek, Pieter, Johan en Sebil by die Spring dans wat in Rotorua gehou is.



Pieter en Annatjie




Sebil en Johan


Die kant waar al die Suid - Afrikaaners gekuier het.



Kyk net ons het nog nie ons "touch" verloor nie. Die New Zealanders moet by ons kom leer hoe om lekker partytjies te hou.




Dis darem maar lekker....



Sebil en Johan het altwee 'n prys gewen met die gelukkige trekking.




Odélia en Annika het Vrydag - oggende by oom Han en tannie Zibies gaan kuier.




Maak reg oom Han hier kom ek....




Nou is dit "Annika se turn" hier kom ek...




Kom nou oom Han staan op, jy moet ons weer vang..!




Saturday, 3 November 2007

Gelukwensing vir Hetta

Baie geluk Hetta Jordaan met jou verjaardag vandag. Mag die Here jou seën en vir nog baie jare spaar.
Ons dink aan jou en hoop jy het 'n lekker dag.

Friday, 2 November 2007

Johan en Pieter KI

Kalftyd is verby op die plase. Nou is dit weer tyd vir die koeie om gedek te word. Hier word hulle vir 'n tydperk van 4 tot 6 weke geki en daarna word die bulle ingejaag vir 'n verdere 4 tot 6 weke. Hierdie tydperk verskil van plaas tot plaas.
Die foto is geneem van Johan en Sebil se deck af. Dit is die melkstal op Vannerlands, die plaas waar Johan werk.




'n Foto van die stal.



Op die foto is Johan se werkgewer, Craig Vanner, saam met Johan.





As die hande te min is, moet die pistolet maar met die mond vasgehou word.

So 'n vinnige glimlag vir die kamera.


Definitief 'n baie selfvoldane glimlag.


Johan het die KI-kursus hier in New Zealand gedoen.
Sommige plase sinkroniseer soms 'n gedeelte van hul koeie wanneer "mating season" begin.
Sondagoggend moes daar 83 koeie geki word. Johan en Pieter het dit gedoen. Dit vat nogal 'n aardige tydjie om soveel koeie op een slag te ki.
Dit is darem nie elke oggend so baie nie en neem af na so 20 tot 25 per dag.




Pieter het darem nog nie die slag van ki verloor nie.





Die tegniek van KI bly dieselfde, maar sekere dinge let ons in Suid Afrika baie fyner na op. Dit bly in elk geval 'n baie interessante deel van die melkboerdery.