Friday, 7 September 2007

Annika se verjaarsdagkoek


Ouma moes verjaarsdagkoek bak. As julle nie kan sien wat dit is nie - dit is 'n APIE. Ek hoop sy kan darem sien dat dit 'n apie is.

Thursday, 6 September 2007

'n Baie stil huis

Ja, dit het ek nou. 'n Baie stil huis. Ek was vandag na Sebil toe vir my "beauty" treatment. Het dit baie geniet. Het net teruggekom na 'n baie koue en stil huis. Môre verjaar Annika (sy is al 2) en die naweek is vol. So die gemis sal darem nie sò erg wees nie. Ja, en Maandag kom Ruben weer. Dan het ek hom wat my besig gaan hou.
Wat Odélia aanbetref; sy klink goed. Wil ook nou net 'n verkoue kry. Maar dit is te verstane met die twee sussies wat verkoue het. Joanné het die wiegie uitgegroei en slaap van vanaand af in die groot kot. Dit is ook ongelooflik hoe die klein mensie groei. Sy sal die 10de al 5 maande oud wees.
Ons het Saterdag hier by die Taupo Golf Course Motel 'n Suid-Afrikaner dag. Dit neem 'n bring en braai vorm aan. Ons hoop om daar dan ook meer Suid-Afrikaners te ontmoet.
Sondag het ons ons eerste jaarvergadering by die kerk. Baie interessant dat hulle nou al wil afstig van die Hamilton Gemeente af. Hulle reken die Rotorua gemeente is sterk genoeg om op sy eie te funksioneer. Dit is en bly ongelooflik hoe baie Suid-Afrikaners hier in New Zealand is.
INTERESSANTE FEITE :

THE SHAKY ISLES :

The last fatal earthquake in New Zealand was on the West Coast of the South Island in May 1968. Three deaths resulted.

THE CONTINENTAL CLIMATE :

Due to the moderating effect of the ocean, summer and winter temperatures in most NZ locations differ by less than 10 degrees C. The most continental climate is found in the South Island, in Central Otago, inland from Dunedin.

Here the temperature reaches 24 degrees C on an average day in summer while in winter it falls to minus 2 degrees C on an average night. Rainfall is a semi-arid 350mm a year. In comparison, rainfall in other NZ locations is :

  • Christchurch 635mm
  • Wellinton 1250mm
  • Auckland 1200mm

Much of NZ's stone fruits, such as peaches and apricots are grown in Central Otago.

Wednesday, 5 September 2007

Tirau - afsluiting

Soos julle op die foto kan sien, beteken Tirau - MANY CABBAGE TREES. Ek het die foto's met hierdie inligting op in die kleedkamers van Tirau se inligtingskantore geneem.


Tirau se geskiedenis :
The Maori spoke of Tirau as an abondant place to catch the Kereru or native pigeons.
The birds used many cobbage trees in the area as overnight resting places and large parties of Maori came and gathered them at night.
Minor groves of cabbage trees stil exist around Tirau and the greater South Waikato. They remain a symbol of the town.
The area must have been very popular for Maori in pre-European times, as many of the surrounding hills have been extensively terraced.
For more information on early Tiray visit : http://www.tirauinfo.co.nz/



Die sprinkaan bo-op die dak is ook uit sinkplaat gemaak.




Hiermee sluit ek dan ons besoeke aan die dorpie Tirau af.

INTERESSANTE FEITE :

ANOTHER RAINY DAY?

The highest rainfall in a year in New Zealand was a drenching 18.4metres (60 feet) in 1997 - 1998 at Cropp River on the west of the South Island. By contrast, the lowes rainfall was a miserly 167mm (6.6 inches) in 1963 -1964 at Alexandra, Central Otago.

SEEING THE WOOD :

30% of New Zealand's land is forested. Forestry accounts for 12% of New Zealand's exports. This is expected to increase as more plantations mature.


Odélia kuier by Ouma

Odélia het vandag by my gekuier terwyl Yolandi 'n paar goedjies in die dorp afgehandel het. Sy het op haar gunsteling tekenplek - onder my lessenaar waarop die rekenaar is - gesit en teken. As julle oplet die linkerbeentjie is pragtig gebuig. Sy loop elke keer as ek haar sien ook beter. Dit sal seker tyd vat om weer heeltemal normaal te loop. Dit was baie lekker om haar hier te hê en dan vergeet 'n mens amper dat sy siek is, want sy is haar ou self. Die hospitaal sal nou laat weet wanneer die resultate van die toetse reg is en dan sal hulle weer hospitaal toe moet gaan. Die picklyn is ook uit en sy kry antibiotika om te drink, om te keer dat sy infeksie in die niere kry. Nou sien ons uit na Annika se verjaarsdag Vrydag. Ons gaan natuurlik Saterdag partytjie hou, sodat almal daar kan wees. Ouma moet 'n apiekoek bak. Terwyl ek nou so sit en skryf, verwag jy om enige oomblik te hoor dat Joanné wakker word en roep om opgetel te word of dat Annika my gaan kom haal om na iets te kyk. Maar die huis is grafstil, want hulle is huistoe.

Tuesday, 4 September 2007

Odélia is by die huis

'n Vinnige boodskap om te sê dat Odélia by die huis is. Ek het nie al die inligting om te sê tot wanneer nie en presies wat die dokter vanoggend gesê het nie. Ek sal môre alles presies uitvind en dan weer 'n boodskap skryf. Yolandi kom môre die twee kleingoed haal en 'n bietjie inkopies doen. So kom Oupa en Ouma se kuier met dié twee ook nou vir eers tot 'n einde. Die huis gaan nou baie leeg wees totdat Ruben weer Maandag kom.

Monday, 3 September 2007

Ronald McDonald Huis

Die Ronald McDonald Huis, is 'n tipe van "hotel" waar ouers van pasiënte kan oornag. Die plek het 'n hele paar kamers met badkamers (nie almal baddens nie, party het storte). Van die kamers is ook vir gesinne ingerig en ander is weer aangrensende kamers. In die kamers vind jy ook die nodige soos handdoeke, sjampoe, seep, 'n naaldwerk pakkie, skoenpolitoer, vanity pakkie en selfs waspoeier. 'n Laundry is ook beskikbaar. Die kamers het ook elkeen 'n TV en 'n telefoon in. Die kamers is nie baie luuks gemeubileer nie, maar wat meer wil jy hê? Wat 'n voorreg is dit nie om so 'n plek te hê wanneer jy pasiënte in die hospitaal besoek nie. Jy moet sorg vir jou eie kos, maar verder is alles daar. Brood, Melk, Koffie, Tee, Suiker, Hot chocolate ens. word voorsien. Natuurlik moet jy ook darem net agter jou skoonmaak. Die eetsaal ook pragtig toegerus. Jy moet net jou eie tafel weer afvee en afdek. Skottelgoed word ook in masjiene gepak en die seep word ook voorsien. Yskaste en vrieskaste met mandjies, waarop jou kamer nommer is, waarin jy jou kos kan sit is ook in die kombuis. Nou sal julle wonder : WAT KOS DIT??? NIKS. Jy kan as jy wil 'n donasie aan die huis maak.
Ek lyk maar net besig in die kombuis.




Lyk darem nie of Japie die slag verloor het nie. Hy met Joanné op sy arm, besig om haar bottels te maak.



Yolandi besig met ontbyt.


Reggeraai!! Oupa met Annika. Hulle lyk ook maar net besig. Hy hou altyd die kleingoed besig.


Pieter, Japie, Diela en Annika buite op die stoep van die huis.



Japie met Odélia op sy arm, by die speelplek in die Starship Hospitaal.

Annika in een van die tonnels van die speelpark.



Odélia

Odélia is toe wel Vrydagaand teater toe. Yolandi het oor elf vir my 'n boodskap gestuur, maar ek het dit nie gesien nie. Die beentjie in die gewrig was mooi skoon. Sy het ook nie vol gips aan nie, maar net 'n cast. Sondagoggend het die dokter wat geopereer het, die hand oopgemaak en sy was tevrede met die hand. Vanoggend het ek met Yolandi gepraat en sy het gesê dat van die toetse wat gedoen is, teruggekom het : negatief. Die dokter wil môre oggend weer na die hand kyk en indien hulle tevrede is, sal hulle kan huistoe kom totdat al die ander toetse se resultate ontvang is. Net betyds vir Annika se tweede verjaarsdag. Wat die been aanbetref : Sy slaap elke nag met 'n harnas om die been reguit te hou. In die week wat ons haar nie gesien het nie, loop sy baie beter. Bly baie moedig en sien ook net uit daarna om weer by die huis te wees. Ons glo en vertrou dat hulle môre sal sê dat hulle kan huistoe kom.
Hierdie foto van Diela is geneem waar sy met twee maatjies speel.