Saturday 29 September 2012

Verjaarsdae en huweliksherdenking

Baie geluk met jou verjaarsdag Hettie.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet al die troues.  Die kleinkinders word nou groot en wat sal ons van julle sê.  Jonger?????
Geniet 'n baie besonderse dag.
 
 


Saam met Hettie vier Ané ook haar verjaarsdag.  Baie geluk.  Alles wat mooi is word jou toegewens.
 
 
Louis en Anna vier vandag hul huweliksherdenking.  Baie geluk ook aan julle.  Mag die toekoms besaai wees met rose   ------ sonder die dorings.  Geniet die dag.


Thursday 27 September 2012

Izette verjaar

 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Izette.  'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 

Wednesday 26 September 2012

Chrispen verjaar vandag

 
Veels geluk met jou sewende verjaarsdag, Chrispen.  Hoop al jou kinderdrome word waar.
Ek glo dat Pappa en Mamma jou sommer baie gaan bederf.  Geniet die dag.
 
Chrispen is hier saam met pa Greg en ma Vicky afgeneem.
 
 

Tuesday 25 September 2012

Ons meisiekinders se konsert : Tattybogle



Ons, Pieter en ek, het 'n uitnodiging gekry van Odelia af.  Dit was om hulle musiekopvoering te gaan kyk.  Die uitnodiging het so gelees:
 


 
Dear Oupa and Ouma,
 
You are invited to Marotiri School's Year 0 - 4 Musical production called TATTYBOGLE.
It is about a scarecrow who looks after a crop of wheat.
But one day there is a strong wind and disaster strikes.
 
Die venue, date en time is ook genoem.
 
Hope you can come.
Odélia.


 
Dit is waaroor alles gegaan het.  Die scarecrow :  TATTYBOGLE.
 
Ek het nie geweet dat sy eintlik die hoofrol vertolk nie.  Die basiese klere was gemaak ek moes dit net aanpas vir 'n voëlverskrikker.  Darem nie te bad uitgekom nie.
 
 
 
 

Ek was baie gelukkig om 'n program in die hande te kry wat Joanné gemaak het.
 
 







Odélia het die eerste gedeelte van die storie voorgelees. 
 

Joanné was 'n ster en 'n dansertjie, Annika was 'n Crow en Odélia was die hoof rabbit.












Nog 'n foto van Joanné waar sy dans.
 




Hierdie plakkaat soos julle kan sien is deur Odélia Nortje gemaak.
 
Dit was 'n pragtige konstert.  Ons het dit so baie geniet.  Dankie dat julle ons genooi het.
 
Daleen, Ruben en Chanel was ook daar.  Die opvoering was so goed gedoen dat die amper driejarige Chanel die storie kon volg.  Sy het geweet van die muise, die crows, die hase en al die ander diere wat die graan vreet.  Ook van die wind wat die scarecrow stukkend gewaai het.  Na die tyd kon sy die storie vir jou oorvertel.
 
 
 

Monday 24 September 2012

Verjaarsdae

 
 
24 September 2012
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Clara.  Mag die toekoms net die mooiste inhou.
 
 


23 September 2012
 
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Gideon.  Vir jou wens ons ook net die mooiste toe vir die toekoms. 


Saturday 22 September 2012

Verjaarsdae

 
22 September 2012
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Anne Rentia.  Hierdie foto laat nie reg aan 'n 12 jarige dogter geskied nie.  Stuur asseblief vir ons 'n update.  Hoop jy het die dag baie geniet. 
 
 
 

 
 
21 September 2012
 
 
Baie geluk , Gert.  Ons wense vir die nuwe jaar is alles wat mooi is.  Hoop jy het die dag baie geniet en dat jy baie bederf is.




Thursday 20 September 2012

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Baie geluk Oupa Pieter, dat jy 37 jaar al met my uithou.  Mag die toekoms vir ons net alles wat mooi is inhou en mag die toekoms baie voorspoedig wees.
Hoop ons sal die dag saam baie geniet.
 
 


Baie geluk met jou verjaarsdag, Jaco.  'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.  Geniet die dag.


 
 
Dit is ook Chanté se verjaarsdag.  Baie geluk, Ounooi.  Ook vir jou wens ons net die mooiste vir die toekoms toe.  Mag al jou drome waar word.  Geniet 'n baie besonderse dag.
 
 
 

Wednesday 19 September 2012

Annika se 7de verjaarsdag





Geskenketyd









 
Die tema van die partytjie was Minnie Mouse.  Elke dogtertjie het 'n rooi kolletjies rompie gekry om aan te trek.  Almal het ook Minnie muis ore gekry om op te sit.
 
 
Die pakkie met lekkernye wat elkeen kon huistoe neem.
 

 
Gedekte tafel.  Alles in rooi en wit.




 
 
Die verjaarsdag meisie met haar twee sussies.




Dankie vir al die moeite, Yolandi.  Die kinders en die groot kinders het dit baie geniet.
 


Hettie en Leon verjaar


 Happy birthday, Hettie.  And many, many more.  'n Nuwe lewensjaar gevul met al die mooi in die lewe word jou toegewens.  Geniet die dag.




 
Dit is vandag ook Leon se verjaarsdag. 'n Volle 16 jaar oud!!!!!!!!! Baie geluk, Leon.  'n Jaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.  Geniet die dag. 




Tuesday 18 September 2012

Drie verjaarsdae


Baie geluk met jou verjaarsdag, Yolandi.  'n Baie mooi en geseënde jaar word jou toegewens.  Ons glo en vertrou dat die swangerskap verder voorspoedig gaan afloop.  Pas jouself mooi op.  Ons is baie lief vir jou.  Hoop jy word baie bederf vandag.  Geniet elke oomblik.



 
 
Lizelle verjaar ook vandag.  Baie geluk, Lizelle.  Geniet die dag.  Ons wense vir jou is alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.



 
 
Nog 'n verjaarsdag is Bea Nel.  Baie geluk, Bea.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.

Monday 17 September 2012

Verjaarsdag en huweliksherdenking

Baie geluk Jacques en Izette met die herdenking van jul huweliksdag.  'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens.  Geniet 'n baie besonderse dag.
 
16 September 2012
 
Steyn de Buys was vandag 'n volle 13 jaar oud.  Baie geluk, Steyn.  Jy word nou mooi groot.  Hoop jy het jou verjaarsdag baie geniet.

Saturday 15 September 2012

Hannes Petrus verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag. 'n Jaar gevul met alles wat mooi is en goeie oeste word jou toegewens.  Geniet die dag.


Friday 14 September 2012

Marechele Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, Marechele.  Mag dit 'n baie mooi en geseënde jaar wees. Geniet die dag.

Wednesday 12 September 2012

2 Isabelle verjaar

 
Baie geluk met die 88ste verjaarsdag, Ouma Issie.  'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en goeie gesondheid word Ouma toegewens.  Dit is dae soos hierdie wat ons wens dat ons daar in Suid Afrika is om met Ouma te deel.  Geniet 'n baie spesiale dag saam met al die familie.  Ons is baie lief vir Ouma.
 


 
Kleindogter Isabel Hurn verjaar saam met Ouma Issie.  Baie geluk met jou 20ste verjaarsdag, Isabel.  Volgende jaar is dit die grootte.  Hoop dat ons dan daar saam met julle kan wees.  Geniet 'n baie spesiale dag.



Tuesday 11 September 2012

George en Cecile verjaar



Baie geluk met jou 48ste verjaarsdag vandag, Cecile.  Mag die toekoms besaai wees met rose. Geniet die dag.
 
 
Baie geluk ook aan George Verster wat vandag verjaar.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.
Geniet 'n baie spesiale dag.


Monday 10 September 2012

Chané is 5



Baie geluk Chané.  Van vandag af gaan jy ook groot skool toe.
Geniet dit baie.
 
Chané is hier saam met Joanné afgeneem.


Sunday 9 September 2012

Verjaarsdagwense

Baie geluk aan :
 
Chris du Toit
Klein Isak van der Merwe
Klein Annemarie Agenbacht
 
met hul verjaarsdae.  Mag die toekoms vir julle alles wat mooi is inhou.
Geniet die dag.

Saturday 8 September 2012

Jan en Elize se huweliksherdenking

Baie geluk met jul huweliksherdenking.  'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens.  Geniet 'n baie besonderse dag en bederf mekaar baie.

Friday 7 September 2012

Annika verjaar



Vandag is Annika 'n volle 7 jaar oud.  Baie geluk, Ounooi.  Mag al jou kinderdrome waar word.  Geniet jou partytjie môre met al jou maatjies.  Hoop jy kry baie mooi geskenke. 
Ons is baie lief vir jou.

Thursday 6 September 2012

Simoné Nel is 16

Baie geluk met jou 16de verjaarsdag vandag, Simoné.  Geniet 'n baie mooi en vreugdevolle dag.  Hoop jy word baie bederf.  Onthou :  jy is vandag SWEET Sixteen.

'n Paar ander verjaarsdae

4 September was die verjaarsdag van Corinne Landman.  Baie geluk met jou 13de verjaarsdag.  Ons wense is dat al jou drome mag waar word.

1 September 2012

Die begin van die Lente.  Mag jou blommetjies en struikies en alles wat jy geplant het mooi groei. Gelukkige Lentedag.

20 Augustus 2012

Baie geluk Elizna Coetzee met jou verjaarsdag.  Glo en vertrou dat dit 'n baie lekker dag was.


27 Augustus 2012

Nico van der Merwe en Chris Angeliedes het verjaar.  Baie geluk, julle twee.  Hoop julle het die dag baie geniet en is baie bederf.