Thursday 29 September 2011

Verjaarsdae en Huweliksherdenking

Ané Agenbach verjaar vandag. Baie geluk Ané. 'n Baie mooi nuwe jaar word jou toegewens.







Doll verjaar ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Weet dat jy vandag baie bederf gaan word. Geniet elke oomblik daarvan.





Dit is ook Louis en Anna se huweliksherdenking. Baie geluk, Julle. Mag die toekoms net die mooiste inhou. Bederf mekaar baie.

Tuesday 27 September 2011

Izette se verjaarsdag

Baie geluk met jou verjaarsdag, Izette. 'n Lekker dag en 'n baie geseënde nuwe jaar word jou toegewens. Geniet dit om lekker bederf te word.




Monday 26 September 2011

26 September 2011

Crispin Sloan verjaar vandag. Baie geluk, Crispin. 6 Jaar oud vandag. Jy word nou 'n groot seun en ek het jou nog net as 'n baba gesien. Julle moet kom kuier want ons verlang na julle. Geniet die dag. Glo jy gaan lekker bederf word.

Saturday 24 September 2011

Clara Depraam se verjaarsdag

Veels geluk met jou verjaarsdag vandag, Clara. Alles wat mooi is word jou toegewens. Geniet 'n baie lekker dag.





Friday 23 September 2011

Gideon Erasmus jnr. verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag, Gideon. Mag die toekoms gevul wees met net die mooi van die lewe. Geniet die dag.

Thursday 22 September 2011

Anne-Rentia is elf.

Anne-Rentia is vandag elf jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Ek weet dat jy sommer lekker bederf gaan word. Geniet elke oomblik daarvan.

Sal definitief moet belê in 'n nuwe foto, né.



Wednesday 21 September 2011

Dit is Gert se verjaarsdag.

Baie geluk met jou verjaarsdag Gert. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is vir jou inhou. Hoop jy word lekker bederf. Geniet die dag.




Tuesday 20 September 2011

Anniversary

Geluk met jul troudag Pa en Ma. Mag julle vir mekaar nog lank geseen wees. Hiep Hiep Hoera op 36 jaar.

Jaco Buitendag se verjaarsdag

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jaco. Mag die nuwe lewensjaar vir jou net al die mooi in die lewe bring.


Geniet die dag.




Monday 19 September 2011

Hettie en Leon verjaar vandag.



Veels geluk met jou verjaarsdag, Hettie. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag. Hoop jy word lekker bederf.






Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Leon. Ek sal definitief hierdie foto moet vervang, want dit is nie hoe jy nou lyk nie. Geniet die dag en 'n jaar vol vreugde en voorspoed word jou toegewens.






18 September 2011



Yolandi, Lizelle en Bea verjaar



Baie geluk met jou verjaarsdag, Yolandi. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou - Vreugde, voorspoed, geluk en liefde.

Geniet die dag baie en ons hoop jy word baie bederf.

Lief jou baie.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Lizelle. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Geniet die dag.




Bea verjaar ook vandag. Baie geluk, Bea. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe.







17 September 2011

Jacques en Izette se huweliksherdenking


Baie geluk met julle huweliksherdenking. Mag die pad vorentoe besaai wees met rose. Bederf mekaar baie.

Friday 16 September 2011

Steyn is 12.



Baie geluk met jou 12de verjaarsdag, Steyn. Mag al jou drome waar word.

Thursday 15 September 2011

Dit is Hannes Petrus se verjaarsdag.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hannes Petrus. 'n Baie mooi en voorspoedige nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.




Wednesday 14 September 2011

Marechelle Erasmus verjaar


Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met al die mooi van die lewe. Geniet die dag.

Tuesday 13 September 2011

12 September 2011

Ouma Issie is vandag 87 jaar oud. Baie geluk met Ouma se verjaarsdag. Gods rykste seën word Ouma toegebid. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met vreugde, vrede, liefde en goeie gesondheid. Bly om te hoor dat Ouma die saamkuier Sondag baie geniet het. Lief vir Ouma.







Baie geluk met jou verjaarsdag, Isabel. Mag die nuwe lewensjaar wat voorlê gevul wees met alles wat mooi is. Hoop jy het die dag geniet.






10 September 2011

Baie geluk met jou verjaarsdag, Chané. Hoop jy het die dag en die partytjie baie geniet. Jy is sommer baie bederf, nê?

Wednesday 7 September 2011

Annika se 6de Verjaarsdag !

Baie geluk met jou verjaarsdag Annika.

Ons glo dat jy jou daggie baie gaan geniet.

Soet wees.

Ons is lief vir jou !